Okavango Delta Logo

Lions in Moremi Game reserve

BOTSWANA AKKOMMODASIE
STUUR EPOS
TUISBLAD
ENGLISH
Tel: +27 (0) 21 855 0395

OKAVANGO DELTA SAVUTE EN MOREMI

Kliek eenvoudig op die foto om meer inligting oor die onderskeie lodge of kampeerplek te kry, of om ‘n bespreking te doen.

 
Eagle Island in Okavango Delta Botswana

EAGLE ISLAND LODGE: 'n Uiters luukse oord in die Okavango Delta

CAMP OKUTI: Geleë by Xakanaxa in die Okavango Delta

Kwai river Lodge Moremi Botswana

KHWAI RIVER LODGE: ons gunsteling lodge in die Okavango Delta, geleë langs die Khwai Rivier.

Xakanaxa Moremi Game Reserve Botswana
CAMP MOREMI: 'n Lukse kamp langs die Xakanaxameer in die Okavango Delta.
Xakanaxa Camp

XAKANAXA CAMP: Vriendelike mense, uitstekende diens en voortreflike wildbesigtiging! Hierdie kamp bied luukse verblyf en safaris in die Okavango Delta en Moremi Wildreservaat.

Delta Camp in Okavango Delta

DELTA CAMP: Indie hart van die Okavango Delta.

Oddballs in Okavango Delta
ODDBALLS: Gerig op die jonges (van alle ouderdomme) en bied ongetwyfeld die beste waarde vir geld in die Okavango Delta.
Kazzinkini camp Moremi
KAZIINKINI CAMP: Bied goed-toegerusde kampeerplekke en landelike hutte met gemeenskaplike geriewe suid van Moremi Nasionale Park.

OKAVANGO DELTA EN MOREMI NASIONALE PARK

Die Okavango Delta is die grootste binnelandse delta ter wêreld. Dit het tydens die vroeë Holoseen tot stand gekom, ‘n geologiese tydperk wat bykans 12 duisend jaar gelede begin het. Gedurende hierdie tydperk het geologiese aktiwiteit en tektoniese verskuiwings veroorsaak dat die reuse oermeer, Makghadigadi, opgedroog het. Alhoewel die Okavango Delta in Botswana is, is die bron van sy water in die westelike dele van Angola. Die Cubango-rivier vloei Namibië binne (waar dit die Kavango-rivier genoem word) en dan na Botswana, waar ons dit as die Okavango-rivier ken.

Die ekologie van die Okavango Delta is broos, en draai rondom Angola se jaarlikse reënseisoen, van Oktober tot April. Die gevolglike vloedwater voer in die Delta in, maar omdat die gebied relatief plat is, is dit maar ‘n stadige proses. Derhalwe bereik die vloedwaters die laer gedeeltes van die Delta, naby Maun, eers in Julie. Die water vloei dan uiteindelik via die Botetle-rivier, waar dit in die Kalahari-woestyn in Botswana aankom, waar die meeste van die water verdamp.

Saam met die vloedwaters keer die lewe na die Okavango Delta in Botswana terug. Olifante, leeus, wildehonde, hiënas, buffels, renosters, seekoeie en krokodille, asook boksoorte soos sitatunga en lechwe sluit by die kleiner diere (nagapies, apies, vlakvarke en eekhorinkies) op die vasteland en die verskeie kleiner eilandjies op die Delta aan. Die beste tyd vir wildbesigtiging in die Okavango Delta in Botswana is vanaf Mei tot Oktober, terwyl voëlliefhebbers tussen November tot April die meeste voëlsoorte sal sien. Kom kyk hoe die Afrika-visarend (met sy kenmerkende roep), kroonkraanvoël (“crested crane”), heilige ibis (“sacred ibis”) en vele meer in hul natuurlike habitat. Die Okavango Delta is ook ‘n paradys vir hengelaars, met sowat 71 spesies wat in die waters voorkom. Hier kan jy ‘n yslike tiervis vang en die jaarlikse “baber-stormloop”.

Geen Okavango Delta safari is volledig as dit nie ook 'n besoek aan die Chobe Nasionale Park in die noordweste van Botswana insluit nie. Daar is talle lodges in die Chobe en Kasane omgewing maar slegs enkeles wat so bekostigbaar is soos Toro Lodge in Kazangulu 8 km van die park se ingang. Van Toro is dit 85 km tot byVictoria Falls. waar akkommodasie soos A'Zambezi River lodge of die Kingdom Hotel vir jou wag. Indien jy sou besluit om ook 'n ander bestemming in zimbabwe te besoek oorweeg gerus die Oostelike Hooglande en die Troutbeck Inn hotel naby Nyanga.

Die meeste mense wat na Botswana vlieg land in Gaborone. Jy sal dalk 'n nag in die hoofstad moet vertoef en dan kan jy gerus die Big Five Lodge naby die lughawe oorweeg.

Santawani Lodge Delta Camp Oddballs Okavango Delta Khwai River Lodge Eagle Island Lodge Okavango Delta Camp Okuti Camp Moremi Xakanaxa Camp Kaziinkini Camp